©2018 Aan die Oewer

Webtuiste deur Wix Freelance Web and Graphics

  • Facebook Social Icon

Welkom by Aan die Oewer

Orania se eie stukkie paradys aan die Oranje Rivier

Meer van die Oewer

 

Welkom by Aan-die-Oewer, die oase van die Bo-Karoo.

 

Hier kan vakansiegangers en besoekers  van oraloor die betowering van die pragtige oewer, die rivier en natuurlik die gasvryheid van Orania en sy mense kom ontdek. Uitgestrekte grasperke onder die inheemse wag-‘n-bietjie-, doring- en kareebome bied ruimte vir kinders om te speel en vir grootmense om sommer net ‘n vleisie te braai  terwyl hulle die rustigheid en skoonheid van die omgewing geniet.

 

‘n Kampeerterrein, selfsorgchalets en ‘n hotel met 12 kamers sorg vir genoeg akkommodasie vir nagenoeg 150 gaste.  Die  oord het heelwat geriewe soos ‘n restaurant, spa,  speletjieskamer, swembad, kayakke en ‘n vlot op die rivier, terwyl waterpret soos binnebandry en  vierwielmotorfietsritte onlangs bygevoeg is.  Al die avontuuraktiwiteite word onder leiding van ‘n bekwame gids aangebied.

 

Kom besoek gerus Aan-die-Oewer vakansieoord en kom vind self uit waarom dit die "toerismejuweel" van die Noord-Kaap genoem word.

 

Akkommodasie

Ons lieflike kampterrein is bekend vir sy ruim en skaduryke staanplekke wat omsoom word deur lower groen grasperke.  Kampeerders van oraloor kan getuig van onvergeetlike vakansies hier langs die Oranjerivier.  ‘n Goed toegeruste ablusieblok met bad- en stortgeriewe is onlangs van gasgeisers voorsien om te verseker dat kampeerders altyd warm water het.   ‘n Outomatiese wasmasjien sowel as ‘n yskas met vriesgeriewe  is ook vir kampeerders se gebruik beskikbaar.  Hoewel daar slegs 10 staanplekke is, is elkeen voorsien van ‘n kragpunt, varswater kraan en verskuifbare braaier.
Die 28 selfsorgchalets is almal ten volle toegerus en wissel in grootte en uitleg.  Elkeen is uniek en keurig toegerus en gaste staan telkens verstom oor die luukse verblyf wat hulle hier ontdek.  Van die kleinste plekkie vir twee persone tot die grootste huis wat nege gaste kan huisves is toegerus met DSTV, lugversorging, houtdekke of stoepe met dekmeubels en braaigeriewe. Komplimentêre tee en koffie word  vir u eerste nag se verblyf voorsien.   Gaste kan deurgaans verseker wees van aangename verblyf en goeie waarde vir geld.

Die Oewer Hotel met sy 8 dubbel- en 4 familiekamers is ‘n goeie keuse vir gaste wat nie die selfsorgopsie verkies nie.  Elke kamer is met sorg toegerus en is voorsien van alles wat u nodig het vir aangename verblyf.  ‘n Klipgooi van die restaurant en spa af is die hotel ‘n goeie keuse vir  gaste wat op ‘n sakebesoek aan Orania of omgewing is. 

 

‘n Nuwe toevoeging is die 3 luukse selfsorgsuites wat ook deur die hotel uitverhuur word.  Die suites bied semiselfsorgverblyf aan twee tot ses gaste en is skuins agter die Oewer Hotel geleë.

Kontak ons

Hoewe 36, Punt van Diamant laan

Orania

Noord Kaap

 

Navrae@oewerpark.co.za

Tel: 053 207 0118

Fax: 086 625 2221

Sel: 076 265 2675