
VLOT
‘n Vlotvaart op die Oranjerivier is een van daardie spesiale dinge wat ‘n mens moet doen tydens ‘n besoek aan Orania. Die sonsopkoms en sonsondergang oor die rivier bly ‘n asemrowende en onvergeetlike gesig, terwyl die ankergooi by die eiland en swemgat vir baie pret sorg.
R120.00 p/p
Ongeveer 'n uur.
Kinders on 12 jaar - R60
VISVANG
Hoewel die oewer nie ‘n groot area beskikbaar het vir hengel nie, is baie groot visse al hier gevang. Baber, karp en geelvis is van die algemeenste spesies wat hier aangetref word.
R0.00
Geen visvang lisensies nodig, maar die beleid van "catch and release" word toegepas.
BINNEBANDE
Die ses ski-binnebande verskaf ure se plesier op verskillende maniere. ‘n Lui-lekker stroomaf dryf met sonsopkoms gedurende Desember vakansies is 'n moet.
R175 p/p
Vooraf bespreking noodsaaklik.
Minimum 4 persone.
Lewensbaadjies word voorsien.
PRET VIR ALMAL
Behalwe vir die uitgestrekte grasperke wat die ideale speelplek vir kinders bied, is daar ook ‘n klimraam en springmat vir die kleinspan om te geniet. ‘n Springkasteel en waterglybaan is ook per geleentheid beskikbaar. Daar is ‘n verskeidenheid bordspeletjies ook beskikbaar wat ure se vermaak aan oud en jonk kan voorsien. Vlugbal en swaaibal is ook op aanvraag beskikbaar.
(bring eie swemhandoek)
Trapfietse:
R50.00 per fiets per dag
Onderdak Swembad:
R25 p/p
ROEI
Die breë strook water voor die oewer bied die perfekte speelplek vir roeibote wat te huur is by die oewer se kantoor. Spane en lewensbaadjies word voorsien. U is ook welkom om u eie roeiboot saam te bring.
R75.00 p/p
120 Min