Kampering

Aan-die-Oewer se kampterrein was die eerste deel van die oord wat ontwikkel is.  Die ruim en skaduryke staanplekke is voorsien van kragpunte,, verskuifbare braaiers en asdromme.

 

Die ablusieblok het bad- en stortgeriewe en is voorsien van gasgeisers.  'n Skottelgoedopwasplek, en wasgoeddrade, sowel as ‘n yskas/vrieskas kombinasie is beskikbaar vir gaste se gebruik.

 

Die klimraam vir die kleinspan is deel van die kampterrein.  Die Oewer Snoepie is sewe dae per week oop en verkoop al die basiese noodsaaklikhede soos: Hout, ys, melk ens.

NUUT:  Vir die kampliefhebber wat nie lus het vir tent opslaan of woonwa sleep nie, bied ons die opsie van 'n kamphuisie met al die geriewe van 'n chalet maar met die vryheid van kampering.  Sien inligting onderaan.

 

GEEN SOLIEDE GRONDSEILE WORD OP GRAS TOEGELAAT NIE.

 

5 Staanplekke met kragpunte:  R280 plus R10 per persoon - maksimum van 6 persone per staanplek

Pensionarisse: R200 p/n