top of page

ROETE AANWYSINGS
ONS KAN NIE WAG OM JOU TE SIEN NIE

Vanaf die Rand oor Kimberley:
Neem die N12(Kaap) tot by Hopetown waar u links van die N12 afdraai, op die R369 na Orania. Na ongeveer 35km, draai links by die eerste 4-rigting stop, in die dorp in. Volg die oranje borde met “Aan-die-Oewer” aanwysings, tot by die ingang na die oord met ‘n groot oorhoofse naambord. Neem die 2de ingang na regs vir Ontvangs.

Vanaf die Rand oor Bloemfontein:
Neem die Kimberley afrit vanaf die N1 en volg die N8 tot by Petrusburg. Draai links na Koffiefontein op die R48. Gaan oor die brug oor die Rietrivier net voor Koffiefontein en draai links by die T-aansluiting en dan dadelik regs na Luckhoff. Volg die roete verby die dorp en gaan oor die Havengabrug oor die Oranjerivier tot by die T-aansluiting. Draai regs op die R369 in die rigting van Hopetown. Volg die roete vir ongeveer 30km en draai regs in Orania in by die eerste 4-rigting stop. Volg die oranje borde met “Aan-die-Oewer” aanwysings, tot by die ingang na die oord met ‘n groot oorhoofse naambord. Neem die 2de ingang na regs vir Ontvangs.

Vanaf die Kaap met die N12:
Volg die N12 tot by Hopetown en draai regs na Orania op die R369. Na ongeveer 35km, draai links by die eerste 4-rigting stop, in die dorp in. Volg die oranje borde met “Aan-die-Oewer” aanwysings, tot by die ingang na die oord met ‘n groot oorhoofse naambord. Neem die 2de ingang na regs vir Ontvangs.
Kontak ons
Hoewe 36, Punt van Diamant laan
Orania
Noord Kaap
Tel: 063 777 3366
Fax: 086 625 2221
Sel: 076 265 2675
bottom of page