KONTAK ONS
AANWYSINGS
Vanaf die Rand oor Kimberley

Neem die N12(Kaap) tot by Hopetown waar u links van die N12 afdraai, op die R369 na Orania.
Na ongeveer 35km, draai links by die eerste 4-rigting stop, in die dorp in.
Volg die oranje borde met “Aan-die-Oewer” aanwysings, tot by die ingang na die oord met ‘n groot oorhoofse naambord.
Neem die 2de ingang na regs vir Ontvangs.
Vanaf die Rand oor Bloemfontein

Neem die Kimberley afrit vanaf die N1 en volg die N8 tot by Petrusburg. Draai links na Koffiefontein op die R48. Gaan oor die brug oor die Rietrivier net voor Koffiefontein en draai links by die T-aansluiting en dan dadelik regs na Luckhoff. Volg die roete verby die dorp en gaan oor die Havengabrug oor die Oranjerivier tot by die T-aansluiting. Draai regs op die R369 in die rigting van Hopetown. Volg die roete vir ongeveer 30km en draai regs in Orania in by die eerste 4-rigting stop. Volg die oranje borde met “Aan-die-Oewer” aanwysings, tot by die ingang na die oord met ‘n groot oorhoofse naambord. Neem die 2de ingang na regs vir Ontvangs.
Vanaf die Kaap met die N12

Volg die N12 tot by Hopetown en draai regs na Orania op die R369.