Die unieke ontwerp van die restaurant skep ‘n binneruimte met plek vir ongeveer 60 gaste terwyl die onderdak sportdek met sy grootskermsport-TV, die ideale kuierplek is vir gaste wat net ‘n drankie wil kom geniet, of sommer net lekker in die buitelug wil eet en kuier. Die aangrensende lapa skep die geleentheid vir groepskuiers of buitelugbraaigeleenthede, terwyl die skemerkelkiedek die mooiste uitsig oor die water het. Die restaurant is ook ‘n uitstekende keuse vir spesiale geleenthede en van die mooiste troues en ander funksies is al hier aangebied.
Met sy uitgebreide “a la carte”- spyskaart en spesialiteitswyne, kan hy kompeteer met die beste restaurante in die omgewing. Bekwame restaurantpersoneel sorg dat elke gas se ete uit die boonste rakke is.
Maandag - Saterdag: 07:30 - 20:30
Sondae: 07:30 - 17:30
Vir verdere inligting, of om ‘n bespreking te maak, skakel die restaurant gerus by 053 207 0243 of stuur ‘n epos aan navrae@oraniahotel.co.za.